Privaatheidskennisgewing
Laas opgedateer: 30 Oktober 2026.
Hierdie kennisgewing verduidelik watter persoonlike inligting die Woordwerk Term 4 2026 Eksamensprint verwerk, hoekom ons dit doen en watter keuses jy het. Die proeflopie word deur Woordwerk self bedryf en is nie aan ’n skool gekoppel nie.
1. Wie is verantwoordelik
Die verwerkingsverantwoordelike is die operateur van Woordwerk. Kontak vir privaatheid- of toegangsversoeke: [email protected].
2. Watter inligting ons verwerk
- Ouer/voog: naam, e-posadres en betaalstatus wat PayFast aan ons terugstuur.
- Leerder: vertoonnaam, gebruikersnaam, graad, wagwoord (as ’n eenrigting-hash gestoor) en die skryfwerk en antwoorde wat die leerder indien.
- Gebruik: tegniese logs, foutboodskappe en geskatte taaltoken-gebruik sodat ons koste en gehalte kan beheer.
- Waglys: naam, e-pos, graad en enige nota wat jy vrywillig invul.
Ons vra nie die kind se van, geboortedatum, skool, adres of identiteitsnommer nie. Moet asseblief nie sulke inligting in die skryfarea invoer nie.
3. Hoekom ons dit verwerk
- Om die betaling te verwerk en die leerder se toegang te aktiveer.
- Om die afrigtergesprek, skryfarea en terugvoer te lewer.
- Om misbruik, koste en gehalte te monitor en die proeflopie te verbeter.
- Om jou oor jou bestelling of die proeflopie te kontak.
4. KI-verwerking
Van die terugvoer en afrigting word deur ’n taal model gegenereer. Ons stuur slegs die teks wat vir die terugvoer nodig is; die modelverskaffer se eie bewaarbeleid geld vir daardie versoek. Ons monitor die geskatte token-gebruik om die proeflopie volhoubaar te hou.
5. Deel met ander partye
Ons deel inligting net met diensverskaffers wat nodig is om die diens te lewer, soos PayFast vir betalings, ’n e-posverskaffer vir eenmalige opstel-skakels en die taal model-verskaffer vir terugvoer. Ons verkoop nie persoonlike inligting nie en deel dit nie met ’n skool nie.
6. Bewaring
Ons hou die leerder se werk en gebruiksrekords vir die duur van die proeflopie en ’n redelike tyd daarna vir ondersteuning en verbetering. Rou afrigtingsgesprekke word outomaties na ’n beperkte tyd verwyder of geredigeer. Jy kan vra dat ons die leerder se data verwyder deur [email protected] te kontak.
7. Jou regte
Jy kan vra om toegang tot die inligting, regstelling van foute, verwydering van die leerder se data of ’n uiteensetting van hoe die inligting gebruik word. Ons sal binne ’n redelike tyd reageer.
8. Kinders
Die diens is vir leerders in Graad 5–6 en word deur ’n ouer of wettige voog bestel. Die voog gee toestemming wanneer die bestelling geplaas en die leerderprofiel geskep word. Die leerder moet nie alleen ’n profiel skep sonder ’n voog se medewete nie.
9. Sekuriteit
Wagwoorde word gehash, sessies is aan die toestel gekoppel en die administrasiepaneel is net plaaslik bereikbaar. Geen stelsel is heeltemal immuun nie; kontak ons dadelik as jy vermoed dat ’n rekening misbruik word.